Besoek die gespreksforum
 

DIGLOSSIE


Vir 'n aantal taalgemeenskappe hou die begrip ''moedertaal'' die aktiewe beheersing in van twee taalvariėteite. By diglossie word die een variėteit gereserveer vir formele situasies. Dit is die verhewe variėteit (H = hoog). Die ander variėteit word gereserveer vir informele situasies en is die algemene omgangstaal ( L = laag). Taaldiglossie is sekerlik geen ongewone taalverskynsel nie en ewemin abnormaal. Dit is trouens vir vele dialeksprekers die gewoonste ding ter wźreld. Switserland is 'n goeie voorbeeld van diglossie.

Verder geniet die H-variėteit ook 'n hoė prestige binne die taalgemeenskap. Die H-variėteit word voorts nie by moeder geleer nie maar via formele onderwys. Die L-variėteit is dikwels nie gestandaardiseer nie. Dan beskik die H-variėteit ook oor grammatikale  kategorieė wat nie in L voorkom nie en het dit 'n verbuigingsisteem van die naamwoorde en werkwoorde wat in L eenvoudiger is, of geheel afwesig is. Die H-variėteit word dikwels ook deur sprekers in 'n ander land gebruik, maar word kultuurprodukte (boeke, tydskrifte, musiek, en so meer) uit die verskillende lande as gemeengoed beskou. Voorts bestaan daar ook verskille tussen die H- en L-variėteite ten opsigte van die uitspraak, asook die woordeskat.     

In Suid-Afrika het daar tussen die Afrikaanse omgangstale en Nederlands ook 'n toestand van diglossie bestaan, soos vandag tussen Standaardafrikaans en die niestandaardvariėteite. Hierdie toestand is vroeg die eeu deur die voorstaanders van die Afrikaanse kultuurtaal, aan ons Afrikaners voorgehou as abnormaal - wat dit beslis nie was nie. Onderstaande tabel dui die situasies aan waar welke variėteit gebruik word:

Situasie H-variėteit L-variėteit
Aanbieding van 'n kerkdiens •  
Instruksies aan arbeiders, bediendes en klerke   •
Persoonlike brief •  
Politieke toesprake en taalgebruik in Parlement •  
Lesing aan 'n universiteit •  
Gesprek met familie, vriende en kollegas   •
Nuusuitsending •  
Radio vervolgverhaal   •
Nuus in koerante •  
Onderskrifte van politieke spotprente   •
Digkuns •  
Volksliteratuur  

•

 

Knelvrae - Herkoms van Afrikaans - Redes vir invoering van Afrikaans - Gevolge van die afskrywing van Nederlands - Taalbedreiging - Gebiedsbeginsel - Taalredding - Taalafstand    
Diglossie - Standaardtaal Dialekverhouding - Engelse Taalinvloed
 - Nederlandse Taalmonument - Nederlandse Taalunie